Hierdie jeuggroep is daarvoor verantwoordelik dat mense welkom en tuis voel by Sentraal Jeug. Hulle maak die kerk ‘n gemaklike ruimte op Sondag-aande vir die aanddiens deur die liturgiese ruimte te laat lewe kry en ook om te sorg dat daar iets lekker is om oor te kuier in die kombuis soos ‘n sappie in die somer of hot chocolate in die winter. Hierdie groep reël ook lekker sosiale geleenthede wat ons jaarlikse Lentebal insluit. As jy hiervan wil deel wees, praat met Mardi (0832294164).